My Wêreld vanaf my Trampoline

My Wêreld vanaf my Trampoline

“Do not keep children to their studies by compulsion but by play” – Plato

By Newberry East fokus ons op 3 waardes:

  • ‘n Gelukkige kind wat leer
  • Leer wat plaasvind deur Spel en in verskillende omgewings
  • Kind-spesifieke programme en intervensies

Dit is Dinsdag oggend en die son kruip-kruip stadig oor die grasperk. Alicia is diep ingedagte waar sy konsentreer op haar pincer greep (pincer grasp). Sy is gefassineerd met al die verskillende helder kleure pennetjies wat voor haar le. Sy gryns vir ‘n oomblik toe die bure se grassnyer aanskakel, maar haar tutor stel haar met ‘n glimlag gerus dat alles OK is en lei haar aandag terug na die aktiwiteit.

Stap-vir-stap verduidelik sy weer die proses van handvorming. Opgewonde spring Alicia op en lag uitbundig want sy weet die pret begin rerig nou eers! Haar tutor lag saam en gryp die geleentheid aan om saam met Alicia te spring – al is dit ook op haar eie manier.

Saam reik hulle vir die wolke

Hoekom is Terapie & Speel op ‘n trampoline so belangrik?

HET JY GEWEET?

Kognitiewe Oorlaaing (Cognitive Overload) gebeur wanneer die brein nie ‘n oormatige volume stimuli kan hanteer/verwerk nie. Kognitiewe prossesering, soos vaardighede aanleer, kan dus nie effektief plaasvind nie. In Alicia se geval, as sy hierdie oorlaaing ervaar het,  het sy terughoudende gedrag getoon. Sy het geweier om deel te neem in enige aktiwiteite en in ‘n hoek van die kamer gaan wegkruip waar sy gewieg het – ‘n tipe stimming gedrag.

Nadele van Kognitiewe oorlaaing

  • Oneffektiewe inneem van informasie, soos om bv. nie ‘n vaardigheid effektief te kan aanleer nie
  • Angs
  • Fisieke moegheid

Heelwat kinders met Neurodiverse behoeftes vind motorbeplanning, postuur en koördinasie moeilik. Hierdie eienskappe is nodig om op ‘n trampoline te kan spring … maar ons vraag is: Hoekom word ‘n trampoline net vir spring gebruik en maak dit rerig saak hoe ‘n trampoline gebruik word?

Voordele van Trampoline Spel

    1. Stel kognitiewe Oorlaaiing vry (wat angs en stimming gedrag insluit)
    2. Vestibulêre (Balans) & Proprioseptiewe Sensoriese Insette (die liggaam se vermoë om Beweging en Plek in Ruimte aan te voel)
    3. Self-regulasie (‘n persoon se vermoë om energievlakke aan te pas en te beheer, asook emosies en angstigheid te beheer)
    4. Core en Groot-motoriese vaardighede
    5. Postuur, Spierkrag en Stamina
    6. Sosialiserings kwaliteite (moedig spel met ander natuurlik aan. In Alicia se geval was dit om saam met haar tutor te wíl speel)
    1. Blootstelling aan die buite omgewing/ander omgewings
    2. Vryspel & verbeelding
Girl jumping on trmpoline Meisie spring op trampoline

‘n Studie gepubliseer in Theory & Practice of Physical Culture 20-20/2019 noem die voordele van trampolines in ABA terapie, wat wegbeweeg van Lovaas se oorspronklike idee van ‘n spesifieke werkspasie en metode vir elke ABA program.

Alicia is reeds nou al langer as 6 maande by Newberry East.

Aan die begin het sy terughoudende gedrag getoon – soms geweier om deel te neem. Hierdie gedrag het gewoonlik begin sodra sy oorstimulasie bereik het. Haar tutor het gou besef dat ‘n trampoline die oplossing is!

Deur ‘n ander, meer speelse omgewing te skep, was Alicia nou in staat om beter te fokus en ook meer vreugde in haar aktiwiteit te vind. ‘n Bonus was natuurlik dat sy ‘n verhouding met haar tutor gebou het en so ook haar sosialiserings vaardighede verbeter het!

Plato mag dalk net jare terug al besef het wat die waarde van spel vir ‘n kind inhou en dat die beste manier is om nuwe vaardighede aan te leer. 

By Newberry East verwelkom ons Plato se idee met ope arms en kombineer dit met Internasionale Gedrags Intervensies.

Vir meer info oor ons programme en hoe ons terapie benader, kan jy gerus ons webtuiste besoek.

www.newberrypark.co.za

Ons is hier om te help

Juliet by NEWBERRY PARK – RANDBURG    Juliet@newberrypark.co.za

Letitia by  NEWBERRY EAST – PRETORIA     letitia@newberrypark.co.za

Lees verder:

Getting Started – how to arrange an assessment hier

Home-Based programmes hier.

No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.